Makietie te Wellington Op ń Stasie fees

Die Stasiefees vanaf 11 tot 12 Mei is voorwaar ‘n opskop wat die erfenis, verskillende kulture en gees van gemeensaamheid meesterlik saamsnoer en vier. Kom na Stokery Straat vir ‘n geleentheid wat geeneen mag misloop nie!

Datum:- 11 & 12 Mei 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Wellington?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Hierdie fees het in 2013 ontstaan toe die Wellington Stasie sy 150ste bestaansjaar gevier het. Die eerste fees, aanvanklik bekend as die “ATKV Konsternasie op die Stasie Fees”, is op 17 en 18 Mei 2013 gehou. Hierdie eerste poging was ‘n groot sukses wat ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir oud en jonk gebied het – van ‘n piekniek en musiek op die Vrydag, ‘n groot Saterdag-makietie met stalletjies op die terrein van Wellington Wyne, tot ‘n reuse melktert-aanslag om in die Guinness Book of Records opgeneem te word.

Adres:- Stokery Rd Wellington, South Africa

Kontak:- 021 873 3093

Die Stasiefees het oor die jare uitgebrei en homself gevestig as ‘n fees wat beslis nie misgeloop kan word nie. Die heerlike program op die Vrydagaand word opgevolg met die hoof-Feesverrigtinge op die Saterdag.

Oud en jonk kan hulle aan al die heerlike kosse, aktiwiteite en snoeperye verlustig, om nie eers van al die stalletjies met klere, handgemaakte artikels en speelpark vir die kinders te praat nie.

Gewilde gaskunstenaars, wat ervare en nuwe talent insluit, tree deur die loop van die fees op en help om van die hele Fees een groot makietie te maak.


SA-Radio.com
To list your event, concert or gig, contact SA-Radio.com

To receive our gig guide, Subscribe here FREE!



Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment