Top 20 vir die week: 7 Mei 2018

Nadat Elandré einde verlede maand ‘n Ghoema-toekenning vir die beste Country-album van die jaar gewen het, neem hy die week die nommer 1 posisie in my sy treffer “Die lyn”. Dus skuif daar ‘n bietjie skommeling in ons Top 20 vir die week.

Ons het ook nuwe toetredes vir die week, dit is Jan Bloukaas en Mariné Moffat met hulle liedjie “Desembers” en dan Jay met sy liedjie “Lê ‘n bietjie langer”.

Mag al die moeders ‘n wonderlike Moedersdag geniet!! Loer hieronder vir ‘n spesiale liedjie net vir julle !!

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Elandré – “Die lyn”
2. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
3. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
4. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
5. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
6. Appel – “Boer loop deur my are”
7. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
8. Vernon Barnard – “Alles om my”
9. Kurt Darren – “Haal asem”
10. Anders – “Bruid”
11. Twee – “Om en om”
12. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
13. DECA en Len Muller – “Oorwin”
14. Elizma Theron – “Marilyn Monroe”
15. DZL – “Het jy al gelewe”
16. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
17. Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”
18. Jan Bloukaas en Mariné Moffat – “Desembers”
19. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
20. Janie Bay ft Hunter Kennedy – “Wag vir jou”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede)

Hier is jou nommer 1 – Elandré – “Die lyn”

Hier is jou nommer 2 – Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”

Hier is jou nommer 3 – Tarryn Lamb – “Mal oor jou”. Ongelukkig kon ek nog nie ‘n musiekvideo of ‘n klankgreep vir julle in die hande kry van die liedjie nie, maar ek gaan aanhou soek om dit vir julle in die hande te kry !!

Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe, ek het vandag gedink ek kry vir julle ‘n op-skop-dans-mengelmoes video, hoop julle geniet dit:-

Brendan Peyper – “Klim jou Everest”

Jan Bloukaas en Mariné Moffat – “Desembers”

En hier is ons liedjie aan al die Moeders daarbuite!!!

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment